Home Placements Franchise Contact Interesting Info
 

Contact Details

HEAD OFFICE
041-5811601
Durbanville
083 2917070
Westrand
082 3262648
West Beach
082 8262566
Port Elizabeth
083 3200558
Constantia
082 9254925
Pietermaritzburg
082 7533855
Centurion
084 2090243
Durban North 072 2661797
Somerset West 082 4955979
Pretoria East 082 9518129
Kempton Park 083 3970814
Swaziland 002686085554

Our Pictures

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Geagte Voornemende EduCare Franchisee,

Baie dankie vir u belangstelling in Educare as ‘n besigheidsgeleentheid. Educare is ‘n opleiding en plasings fasiliteit, wat spesialiseer in baba en kindersorg kursusse.

Ons kernkursus is ons ‘Save-a-child’ Noodhulpkursus wat CPR, verstikking, verdrinking en vergiftiging insluit asook vele ander noodhulp situasies vir babas en kinders. Daar is ‘n toenemende bewustheid onder ouers oor die belangrikheid van noodhulp opleiding vir hulself en hul huishulpe. Ons het ‘n ongelooflike belangstelling in Educare as ‘n opleidingsfasiliteit en besigheidsgeleendheid gehad.

Ons ander kursusse sluit ander belangrike kindersorg aspekte soos Ontwikkelingstimulasie, Kook & Voeding vir Kinders en Basiese Kindersorg in. Hierdie kursusse is ontwerp en saamgestel deur ‘n gekwalifiseerde onderwyseres, dieetkundige, vroedvrou en ‘n noodhulpinstruktrise. Die kursusse is kort, maar kragtig en word aangebied met hulp van ‘n interaktiewe DVD en ‘n goed en maklik geillustreerde kursushandleiding.

As u soek na aanpasbare werksure en u eie baas wil wees, en terselfdertyd ‘n baie belowende loopbaan he, is Educare ‘n geleentheid wat u nie deur u vingers kan laat glip nie.

Ons besigheid het bewys dat dit baie suksesvol is en het belangstelling van regoor die land gekry. Plaaslik het ons wonderlike publisiteit van ons koerante en radiostasie gekry. Daar is ook ‘n toenemende veiligheidsbewustheid onder kleuterskool-onderwysers en au-pair plasings agente. Ouers wil verseker dat hul kinders in veilige en bekwame hande is terwyl hulle by die werk is, wat aanleiding gee tot ‘n groot aanvraag na huishulp-, au-pair- en onderwyseropleiding, veral die CPR en noodhulpopleiding.

Op die oomblik is ons Hoofkantoor in Port Elizabeth in die Oos-Kaap en het ons franchises in Pretoria, Edenvale, Wesrand en Boksberg in Gauteng, Pietermaritzberg in KZN en in Durbanville, West Beach en Constantia in Kaapstad, en navrae stroom in van baie ander areas in Suid-Afrika. Ons sal graag ‘n tak in u area wil oopmaak. Soos u sal sien in ons Franchise Ooreenkoms, sal u nie bedreig word deur ‘n ander tak wat in u nabye area oopmaak nie, aangesien ons kontrak ‘n klousule insluit wat u gebied beskerm.

Indien u ons besigheids geleendheid oorweeg, moet die volgende kostes in berekening gebring word:

  • Aanvanklike, vooruitbetaalde besigheidsopstelfooi van R56 000 wat u besigheids zone sal bespreek.
  • Maandelikse bystand en advertensie fooi van R350.00
  • Franchise Fooi van R250.00
  • Opstel koste

Ingesluit by u besigheids opstel fooi van R54 000, verskaf ons die volgende aan u:

  • X2 CPR baba modelpop
  • X1 CPR kind modelpop
  • X1 CPR volwasse modelpop
  • EduCare’s beginners Save-a-child noodhulp kassie
  • Kursus handleidings vir elk van die 4 kursusse wat aangebied work, op CD, opleidings DVD ingesluit
  • Kursusopleiding material, ‘n musiek CD, resepte, ens. word ingesluit.
  • Opleiding, sluit in:
    • Initial Basic Life Support Course – U is self verantwoordelik vir die vervoer koste na die kursus
    • Basic life support instructors course – Vervoer na die kursus is vir u eie rekening
    • DVD en in-persoon opleiding in Educare kursusse is beskikbaar (vir in-persoon opleiding, vervoer & vliegtuig kaartjies is uitgesluit).
  • Besigheids “start up” packet sluit die volgende in:
    • Kunswerk vir besigheidskaartjie
    • Kunswerk vir ‘n advertensie pamflet
    • Advertensie plakkaat
    • Educare kunswerk op CD
    • Educare administratiewe vorms op CD
    • Bemarkingsmateriaal, DVD’s en idees.

Die enigste addisionele koste wat u sal he is bemarking in ‘n plaaslike koerant, ens. van u eie keuse, en ‘n nominale fooi aan ons vir enige veranderinge in die kursushandleiding. Telefoniese bystand vir die eerste 3 maande word by die opstel koste ingesluit. Daarna sal ‘n nominale fooi deur ons gevra word.

Buiten die bogenoemde, sal die volgende ook benodig work om u besigheid doeltreffend te begin:

  • Besigheidsperseel van ten minstens18m 2 (klaskamer), kantoor area vir administratiewe werk (kan by u huis wees) en toegang tot ‘n stoof, microgolf en wasbak vir die kookkursus.
  • Rekenaar, drukker en faks fasiliteit
  • Telefoon / Selfoon
  • Skryfbehoeftes, leers, ens.
  • Speelgoedstel soos beskryf in “Operating Manual”.
  • Basiese Boekhou kennis
  • Televisie en DVD/Video speler
  • 8-10 stoele vir die klaskamer
  • Kniekussings vir CPR opleiding (indien klaskamer nie met mat uitgele is)
  • ‘n Paar speelgoed en boeke vir voorbeelde
  • Opsioneel: Ekstra CPR manikins

Educare is ‘n fantastiese besigheidsgeleendheid wat aanpasbare werksure en ‘n goeie inkomste bied. Die besigheid laat u toe om gemaklik, man alleen te begin, maar het baie potensiaal om te groei.

Ons hoop on gou van u te hoor en sien daarna uit om ‘n Educare binnekort in u area te sien oopmaak.

Vriendlike Groete

Chevonne Bishop (0845120151)

 

 

 

Home   l   Placements   l   Franchises    l   Contact Us    l   Useful Info

Home   l   Placements   l   Franchises    l   Course Info    l   Useful Info      

© 2007 Educare. All rights reserved. Design by:Systech Computing